Wat is die Alt Regs: 16 Punte

1. Die Alt Regs is polities “regs” in beide die Amerikaanse en Europese sin van die begrip. Sosialiste is nie Alt Regs nie. Kommuniste, Marxiste, Marxistiese ekonome, kulturele Marxiste, en neokonserwatiewes is nie Alt Regs nie.

2. Die Alt Regs is ‘n ALTERNATIEF vir die hoofstroom konserwatiewe beweging in die VSA wat nominaal verwoord word deur Russel Kirk se [10 Konserwatiewe Beginsels], maar in werklikheid afgewentel het na progressivisme. Dit is ook ‘n alternatief vir libertarianisme.

3. Die Alt Regs is nie ‘n defensiewe houding nie en verwerp die konsep van edele en beginselvaste nederlae. Dit is ‘n vooruitdenkende filosofie gefokus op offensief, in elke sin van die woord. Die Alt Regs glo in oorwinning deur volharding en deur in harmonie te verkeer met die wetenskap, realiteit, kulturele tradisie, en die lesse van die geskiedenis.

4. Die Alt Regs glo die Westerse beskawing is die toppunt van menslike prestasie en ondersteun die drie pilare van sy fondasie: Christendom, die Europese nasies, en die Grieks-Romeinse nalatenskap.

5. Die Alt Regs is openlik en uitgesproke nasionalisties. Dit ondersteun alle nasionalismes en die bestaansreg van nasies, homogeen en nie vervuil deur immigrasie of besetting nie.  

6. Die Alt Regs is anti-globalisties. Dit verwerp alle groepe wat streef na globalistiese ideale of doelwitte.

7. Die Alt Regs is anti-egalitaries. Dit verwerp die idee van gelykheid vir dieselfde rede waarom dit die idees van eenhorings, “leprechauns” of die tokkelossie verwerp. Dit neem waar dat daar nie so iets soos gelykheid bestaan in enige waarneembare vorm in die wetenskaplike-, regs-, materiele-, intellektuele-, seksuele of geestelike sin nie.

8. Die Alt Regs aanvaar die huidige gevolgtrekkings van die wetenskaplike metodiek (in Engels “scientody”), maar verstaan dat a) hierdie gevolgtrekkings onderworpe is aan toekomstige verwysing, b) dat die praktyk van wetenskap (in Engels “scientistry”) vatbaar is vir korrupsie, en c) dat die sogenaamde wetenskaplike konsensus nie gebaseer is op die wetenskaplike metodiek nie, maar op demokrasie, en daarom intrinsiek onwetenskaplik is.

9. Die Alt Regs glo identiteit > kultuur > politiek.

10. Die Alt Regs is gekant teen die regering of dominasie van een inheemse etniese groep deur ‘n ander, veral in die soewereine tuislande van die onderdruktes. Die Alt Regs is gekant teen enige nie-inheemse etniese groep wat buitensporige invloed in die samelewing bekom deur nepotisme, stamgebondenheid, of enige ander metode.

11. Die Alt Regs verstaan dat diversiteit + nabyheid = oorlog.

12. Die Alt Regs gee nie om wat jy daarvan dink nie.

13. Die Alt Regs verwerp internasionale vrye handel en die vrye beweging van mense wat deur vrye handel vereis word. Die voordele van intra-nasionale vrye handel tussen lande is nie bewyse van die voordele van internasionale vrye handel nie.

14. Die Alt Regs glo dat ons die voortbestaan van witmense en ‘n toekoms vir wit kinders moet verseker.

15. Die Alt Regs glo nie in die inherente oppergesag van enige ras, nasie, volk of subspesie nie. Elke ras, nasie, volk en menslike subspesie het sy eie unieke sterk- en swakpunte en beskik oor die soewereine reg om sonder inmenging van buite te verkeer in die kultuur wat dit verkies.

16. Die Alt Regs is ‘n filosofie wat waarde heg aan vrede tussen die verskeie nasies van die wereld en staan geweld om een nasie se waardestelsel op ‘n ander nasie af te dwing teen, sowel as pogings om individuele nasies uit te wis deur oorlog, volksmoord, immigrasie of genetiese assimilasie.